RTT Teorie: Take om aan te Durf (Graad 11) - Leerderboek 9781928323082
search
  • RTT Teorie: Take om aan te Durf (Graad 11) - Leerderboek 9781928323082

RTT Teorie: Take om aan te Durf Graad 11 Leerderboek

R157.00
Tax included Shipped when received from the supplier

Onderwysboek

Volume discounts

Quantity Unit discount You Save
5 2.5% R19.63
10 5% R78.50
20 7.5% R235.50
50 10% R785.00
Quantity
usually ships in 8 days

Die doel met hierdie teorieboeke vir die onderwyser en die leerder is om die leerder se kennis van die onderliggende teorie by die praktiese gebruik van die toepassingsprogramme en bedryfstelsels te assesseer. Hierdie nuwe uitgawe van die boek wat voorheen bekend gestaan het as 'Bedryfskennis', word op die kurrikulum- en assesseringsbeleidsdokument ('Curriculum and Assessment Policy Statement' – CAPS) gebaseer. Dit het in 2012 in werking getree vir Graad 10 en word vir Graad 11 in 2013 en Graad 12 in 2014 geïmplementeer. Alhoewel leerders in Graad 12 nog nie die nuwe kurrikulum- en assesserings-beleidsdokument (CAPS) volg nie, sal hulle ook baat vind by die inhoud van hierdie boeke.
RTT Teorie: Take om aan te Durf voorsien die onderwyser in Rekenaartoepassingstegnologie van kopiereg-vrye take wat in die klaskamer gebruik kan word vir addisionele oefeninge, hersiening en toetse. Die bedoeling is m.a.w. dat die onderwysersboek deur die onderwyser gebruik moet word en nie dat dit onder die leerders versprei moet word nie. Die leerderswerkboek bied aan die leerder baie take wat hom/haar sal help met voorbereiding vir toetse en eksamens (Vraestel 2). Oplossings word aan die einde van die leerdersboek voorsien wat die boek uiters geskik maak vir selfstudie.

Die take in die Graad 11-boeke is ingedeel in die hoofafdelings soos in CAPS uiteengesit, nl. Stelsel-tegnologieë; Netwerk- en Internettegnologieë; Sosiale Implikasies; Oplossingsontwikkeling (sagteware toepassings insluitend Word, Excel, Access en HTML).

Take word onder die sub-afdelings in hierdie hoofafdelings ingedeel sodat die gebruiker 'n geskikte taak in die spesifieke onderafdeling kan kies.
- Die objektiewe assesseringstyl van die boeke is die fokuspunt, bv. meerkeusevrae, pas die kolomme, invul van ontbrekende woorde, ens. Die veronderstelling is dat die leerders die vrae skriftelik sal beantwoord. 'n CD wat al die oplossings van die take bevat, word by elke onderwysersboek ingesluit.
- Nuwe tegnologie is bekendgestel d.m.v. vrae wat op teks uit sekere bronne gebaseer is.
- Die onderwysersboeke is ook as e-boeke beskikbaar

N19781928323082

Specific References

ISBN
9781928323082
EAN13
9781928323082