Woema Werkboek Graad 12 9780992211004
search
  • Woema Werkboek Graad 12 9780992211004

Woema Werkboek Graad 12

R324.00
Tax included Shipped when received from the supplier

Volume discounts

Quantity Unit discount You Save
5 2.5% R40.50
10 5% R162.00
20 7.5% R486.00
50 10% R1,620.00
Quantity
usually ships in 8 days

In Graad 12 word die finale voorbereding vir die matriekeindeksamen gedoen. ʼn Sterk klem word op lees en skryf geplaas in die begripstoets-, kommunikasie- en opsomming afdeling. Die Woema Graad 12-Werkboek ondersteun die ontwikkeling van woordeskat en grammatika deur taalreёls te hersien en in taaloefeninge te versterk. Relevante en interessante onderwerpe dek die volgende ses afdelings:
  • Woordeskat
  • Begripstoets
  • Kommunikasie en Opsomming
  • Taal
  • Algemene Taaloefening
  • Praat en Skryf

Hier volg ʼn kort beskrywing wat elke struktuur dek:

Begrip

In Graad 10 – 12 word ʼn sterk klem op lees en skryf geplaas. In die Woema Graad 12-Werkboek bestaan die begripstoets-afdeling meestal uit langer leesstukke. Die onderwerpe is ook op die meer volwasse leerder gemik.

Die begripstoetse in die Woema 11 werkboek sluit in:

  • Ware vriende vir ʼn leeftyd
  • Die vreugde van uitdeel
  • Kikker jou bui op met kleur
  • Doen aansoek vir ʼn paspoort
  • Dion gʼn Rambo
  • Fiets van bamboes dra hom oor die berge

Kommunikasie en Opsomming

In hierdie afdeling word moderne strokiesprente en interessante feitlike tekste gebruik om leerders se aandag te trek. Feitlike en informatiewe tekste sowel as visuele tekste help leerders om hul addisionele taal te gebruik vir ʼn wye verskeidenheid doeleindes. Die vrae is byvoorbeeld so opgestel dat leerders krities na tekste kyk, maar ook tekste lees vir genot en die humor in strokiesprente waardeer. In elke module kry leerders die geleentheid om ʼn opsomming te maak. Hierdie oefening berei leerders voor vir hul eindeksamens en leer hulle om teks te lees vir ʼn spesifikieke doelwit. Die Woema 12-Werkboek sluit ʼn variasie tekste in wat opgesom moet word:

  • Maak só vriende
  • Wenke om positief te dink
  • Wenke vir prettige vakansies oorsee
  • Hoe jy aanlyn veilig kan wees en bly
  • Wenke vir ʼn gesonder, slanker lyf

 Taal

Leerders moet Afrikaans Addisionele Taal vir soveel as moontlik doeleindes kan gebruik. Daarom moet hulle nie net Afrikaans lees en vir inligting soek nie, maar ook die die basiese kennis van taal ken, byvoorbeeld grammatika, woordeskat, punktuasie en spelling. Dit is baie belangrik dat hierdie taalreёls binne konteks verduidelik word. Die Woema reeks integreer taalreёls deur voorbeeldtekste by die tema aan te pas. Oefeninge word in konteks gehou deur langer tekste aan te haal waaruit antwoorde gegee moet word.

Praat en Skryf

Om Afrikaaans Addisionele taal te luister en te praat is belangrik vir interpersoonlike verhoudings, maar ook vir suksesvolle leer oor die kurrikulum heen. In die senior fase kry leerders meer selfvertroue en reageer hulle makliker. In die Praat en Skryf-Afdeling word geleentede geskep waar leerders nuwe sinstrukture en woordeskat kan oefen. Die onderwerpe is kreatief, modern en op die senior grade gemik. Vrae word gevra nadat ʼn onderwerp gegee is om leerders aan die dink te kry. Woema Werkboek gee ook riglyne oor  lank skryfopdragte moet wees. Die Graad 10-12 Woema sluit by die junior grade aan deur ook met breinkaarte te illustreer hoe ʼn onderwerp uitgebrei kan word.

Rubrieks vir Stelwerk

Rubrieks vir stelwerk word in die Woema Graad 12-Werkboek gepubliseer sodat leerders riglyne by hulle het wanneer dit by stelwerk en mondeling kom.

Y19780992211004

Specific References

ISBN
9780992211004
EAN13
9780992211004