Woema Werkboek Graad 7 9780992241322
search
  • Woema Werkboek Graad 7 9780992241322

Woema Werkboek Graad 7

R324.00
Tax included Shipped when received from the supplier

Volume discounts

Quantity Unit discount You Save
5 2.5% R40.50
10 5% R162.00
20 7.5% R486.00
50 10% R1,620.00
Quantity
usually ships in 8 days

Die temas in die Woema Graad 7-Werkboek mik om leerders se estestiese en verbeeldingsvermoë in Afrikaanse Addisionele Taal verder te ontwikkel.  Leerders word aan Afrikaanse litêrere tekste en woordeskat blootgestel.  Die taalvaardighede waarop gefokus word, is soos voorgeskryf in die KABV vir Graad 7-9:

  • Woordeskat vir Leesstuk
  • Begrip
  • Taal
  • Vat ʼn blaaskans!
  • Praat- en Skryfopdragte

Hierdie vaardighede word in elke tema herhaal en is soos volg saamgestel:

Woordeskat vir Leestuk

In die Senior Fase word meer klem geplaas op die onderrig van lees- en skryfvaardighede. Ongelukkig word daar gevind dat leerders se woordeskat dikwels beperk is. In die Woema Graad 7-Werkboek begin elke tema met ʼn Afrikaans-Engels woordeskatlys sodat leerders hulle woordeskat kan uitbrei en verbeter.

Begrip

‘n Teksgebaseerde benaderings help leerders om te ondersoek hoe tekste werk. Woema 7 sluit begripsvrae in wat leerders toets hoe om na verskillende tekste te kyk, dit te ontleed en hulle te help verstaan hoe dit saamgestel is. In die Woema Graad 7-Werkboek is die fokus op kreatiewe tekste sowel as tekste met realistiese kontekste.

 

Taal

Taalreëls en taalstrukture word in Woema verduidelik – die onderwyser verduidelik dit ook so aan die klas – waarna die leerders die vaardigheid oefen.

Woema Graad 7 dek die volledige reëls sowel as oefeninge van die volgende taalstrukture:

  • Die STOMPI-reël (Woordorde)
  • Tye
  • Voegwoorde
  • Direkte en Indirekte Rede
  • Lydende Vorm
  • Die Ontkennende Vorm

In die tema word taalkonstruksies gedek soos:

  • Skryftekens en leestekens
  • Klankleer
  • Lettergrepe
  • Voornaamwoorde
  • Trappe van Vergelyking
  • Antonieme en Sinonieme
  • Voorsetsels en Telwoorde
  • Betreklike Voornaamwoorde
  • Homofone
  • Getalle
  • Die tyd
  • Meervoude
  • Verkleinwoorde
  • Vraagwoorde
  • Intensiewe Vorm
  • Voorsetsels
  • Samestellings

Na elke verduideliking volg volledige oefeninge en drilwerk. Hierdie oefeninge word weer in die hersieningshoofstuk herhaal.

Vat ʼn blaaskans

Dit is belangrik dat leerders soveel moontlik blootstelling aan teksgebaseerde benaderings kry, maar ook kommunikatiewe benaderings met die aanleer van Afrikaans. Die Vat ʼn Blaaskans-afdeling in elke tema bied jou klas die geleentheid om informeel in Afrikaans te kommunikeer en pret hê. Hier word Afrikaans in ʼn informele konteks vir sosiale en praktiese doeleindes gebruik. Hierdie afdelings sluit die volgende aktiwiteite in:

  • Skep jou eie strokiesprent
  • Woordbou
  • Woordbou met kategorieё
  • Woordsoek
  • Skryf jou eie graffiti
  • Algemene Kennis
  • Raaisel – Wie bly in watter huis?

 

Praat- en Skryfopdragte

In hierdie afdeling skep leerders mondeling en geskrewe tekste. Die opdragte is so opgestel dat leerders gelei word om aan hulle teikengehoor en die doel van hulle teks te dink. In die Woema-reeks word leerders met breinkaarte geleer hoe om idees te ontwikkel en logiese argumente te skep.

Hersieningsoefeninge

Sinstrukture, woordgebruik en woordstrukture word in veertien aparte oefeninge hersien.

Poësie-afdeling met vrae

Sewe gedigte verskyn in hierdie afdeling. Na elke gedig volg vra wat die leerders lei om die gedig verder te ondersoek. Hierdie vrae ondersoek die funksie en betekenis van onder andere beeldspraak en stylfigure, sinstrukture, paragraafstrukture, die gebruik van simboliek, die bou van die gedigte ensovoorts.

Y19780992441322

Specific References

ISBN
9780992441322
EAN13
9780992441322